Thursday, September 10, 2009

Soek God met jou hele hart

Ps. 105:4 Soek hulp en beskerming by die Here, soek gedurig sy teenwoordigheid.

Soek God met jou hele hart as jy vandag 'n belofte het. Die Bybel se dat ons moet strewe na die dinge daarbo waar Christus is (Kol 3:1). As jy met jou hele hart streef na die vrug vd Gees , sal God in jou lewe werk sodat jy die oorvloedige lewe, waarvoor Jesus vir jou gesterf het, kan geniet!!

God belowe: 'As jy luister na die Here jou God se gebooie wat ek vandag vir jou gee, as jy hulle gehoorsaam en daarvolgens lewe en nie afwyk van alles wat ek jou vandag beveel nie, sal die Here jou God jou die kop maak , nie die stert nie, en jy sal altyd bo wees, en nie onder nie.. Deut 28:13-14.

Monday, September 7, 2009

Die sout van die aarde

Dit is baie hartseer wanneer mens die einde van mens se lewe nader en besef dat niemand mens wil he nie. Of dat die mense wat ons gedink naaste aan ons is, ons vergeet.

Agape liefde is onvoorwaardelike liefde: 'n belofde om onvoorwaardelik lief te he.

Nou het ek gewonder of Agape liefde nie tussen familie lede behoort te bestaan nie?
Vergewe die moordenaar se moeder hom nie? Of vergewe die kind nie sy ouer se lee belofte nie?

Tog sit daar oumas en oupas in ouetehuise, vergete.....

Is daar 'n kwalitiet / fout wat iemand kan besit sodat daar niemand op aarde is wat wil se: jy behoort aan my nie?

Doen aan 'n ander wat jy graag aan jouself gedoen wil he! Terwyl jy jou ouma / oupa neem om 'n kamer in die ouetehuis te gaan bekyk, moet jy sommer kyk of daar 'n kamer is vir jou, eendag.

Ons word almal oud. Tyd haal almal in. Daar is 2 dinge, nee 3 dinge wat ek al ervaar het niemand van mens sal wegneem of steel nie: Armoede, siekte en oud word. Moenie in die jeug van jou lewe die kennis en lewenservaring van 'n ouma / oupa prysgee vir iets anders nie. Jy weet nooit wanneer daardie persoon, geliefde, nie meer daar sal wees nie. En die vrae wat jy later sou vra, onbeantwoord sal bly: 'n enkele eggo sonder weerklank wat in niks in verdwyn.

Sout verslaan.

Jesus het gese: laat die kindertjies na my toe kom, die hemel is juis vir mense soos hulle. Ek dink dit tel vir oumas en oupas ook. God sal jou onvoorwaardelik lief he. Jy kan maar net jouself wees, God sal jou familie wees, altyd.

Wanneer ons op ons oudag deur ou herinneringe blaai, en onthou dat ons oumas / oupas ook oud was, hoop ek ons onthou dat ons kon kies om hulle lief te he. 'n Keuse wat eensydig kan wees, maar minder sal gee as terug ontvang.

Mens kies om lief te he. Is die mens se hart nie sag genoeg om oor die klein dingetjies te kyk en te sien dat iemand net vra om aan iemand te behoort nie? Nie sag genoeg om oor die klein dingetjies te kyk en te sien dat die geliefde net liefde vra nie?

Sonder sout is die lewe slegs sand. Ek dink wanneer jy oud word en besef dat jy net aan God behoort en elke dag vra dat Hy jou moet kom haal, jy sal terugdink aan toe jy jonk was en aan die wereld behoort het.