Tuesday, August 11, 2009

Synchronicity

Funny how different stories tend to align. In psycology this is called synchronicity. While we are busy with the Matthew 11 text, a friend on a different journey sent me the following written by a pastor he knows well:

Die Islamitiese groep al Shabaab in die suide van Somalië is tans besig om met geweld die silwer en goue stopsels in die tande van mense uit te haal. Hulle gebruik sommer die mees basiese gereedskap om dit te doen. Die Islamitiese groep sê dat silwer en goud vir mode en skoonheid is, en dit is teen die streng wette van Islam. Hulle “ontvoer” die mense teen hulle wil, en haal dan die silwer en goue stopsels uit hulle tande.

Mense is soms baie wreed in die beoefening van hulle godsdiens. Dit gebeur in alle godsdienste – ook in die Christendom. Dit is veral sleg as mense allerhande reëls afdwing op ander mense. Die Skrifgeleerdes in die tyd van Jesus was ook lief om dit te doen. Toe antwoord Jesus: “Julle wetgeleerdes! Ellende wag vir julle ook, want julle laai ondraaglike laste op die mense, en self verroer julle geen vinger om die laste te dra nie (Luk 11:46).

Christeneplaas vandag steeds allerhande laste op mense, dit wil sê hulle meet ander mense voortdurend aan die hand van godsdienstige reëls, terwyl hulle dit dikwels self nie nakom nie. Ek onthou baie goed hoe ’n dominee ’n klompie jare gelede sy misnoë uitgespreek het omdat my vriend sy kar op ’n Sondag gewas het. Maar dieselfde dominee is later in ’n buite-egtelike verhouding betrap!! En ek sal nog baie sulke voorbeelde kan gee.

Jesus het egter ’n ander boodskap gehad vir die mense wat so swaar gebuk gegaan het onder reëls. Hy het gesê: “Kom na My toe, almal wat uitgeput en oorlaai is, en Ek sal julle rus gee. Neem my juk op julle en leer van My, want Ek is sagmoedig en nederig van hart, en julle sal rus kry vir julle gemoed. My juk is sag en my las is lig.” (Mt. 11:28-30)

No comments:

Post a Comment